Etosha Sep 2014

Hits: 1532
Ons is van 13 September tot 5 Oktober 2014 Namibië toe met die Discovery en die Echo wa.  Hennie en Ada Wiggett was ons reisgenote.  Dit was 'n heerlike vakansie met baie goeie fotogeleenthede en ons het baie lekker saamgekuier!

Saterdagoggend is ons so 7 uur se kant by die huis weg, by Skilpadsnek oor die grenspos en slaap toe in die huisiesgoed by Kalahari Rest Lodge, so 25 km anderkant Kang.  Dit was skoon en netjies soos altyd, n gerieflike oornagplek.  Hul besonderhede 00267 72 386 548 This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..  Dit was 'n gemaklike rit van 697 km wat ons moes aflê.

Die volgende dag was 'n lang stoot van 928 km deur die grenspos by Buitepos op die Namibiëgrens tot in Otjiwarongo waar ons by Cest si Bon Hotel oornag het in van hulle gerieflike en splinternuwe luukse chalets.  Mens kan hulle kontak by 00264 67 301 240 of This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..  Volgende keer kan mens een van die restaurante in die dorp probeer, want hul kos was niks spesiaals nie.

Ons het die volgende oggend vroeg vertrek en was voor die middag in Etosha waar ons vyf nagte elk by Okaukuejo, Halali en Namutoni kampe gekamp het, in daardie volgorde.

Na Etosha is ons noordoos na Kalizo lodge.  Ons het eers 'n opggendrit geneem, toe rustig tent opgeslaan en uit die park gery om by Roy's Camp te slaap duskant Tsumeb.  Dis 'n gerieflike kamparea met swembad en restaurant waar ons altyd aandete en ontbyt nuttig. Mens kan hulle kontak by 00264 67 240 302 This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.. Maar ons is toe heeltemal te vroeg daar en het aanhou ry tot by Hakusembe River Lodge waar ons in hul kamparea gekamp het op netjiese staanplekke, goed vir een voertuig met wa, maar beknop vir twee voertuie en twee waens.  Elke kampplek het 'n klein ablusie wat baie gerieflik en skoon was.

Kalizo Lodge is op die oewer van die Zambezirivier waar die sandbanke redelik blootgelê is.  Dit vorm die ideale broeiplek vir die rooiborsbyevreters wat in hul duisende daarso broei.  Die broeitydperk bereik 'n piek einde Sep, vroeg Okt.  Teen 'n minimale fooi kan mens tot by die byevreters stap en hulle na hartelus afneem. Dan kan mens ook 'n boot huur en tyd op die rivier self spandeer. Ons het drie nagte daar spandeer voor ons die pad terug via Francoistown aangepak het.  So 13 km voor Francistown van Nata se kant af oornag ons altyd by 4x4 Woodland Safari Lodge 00267 244 0131 This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. op hul kampplekke of in hul chalets met lekker braaigeriewe.  Hieronder is 'n paar van ons foto's.