Natures Valley Des 2014

 

Aan die einde van 2014 het ons vier weke in die pragtige Natures Valley deurgebring.  Die weer was 'n heerlike mengsel van koeler en warmer dae en ons kon ure langs die see stap, in die branders baljaar, piekniek hou op die duine, sundowners maak by die Uitkykpunt en bedags en saans buite braai en eet op die dek. 

Ons het lekker saam met die familie gekuier. Carine, Jannie en Noeleen het saam met mamma vir 'n week by ons gekuier.  Ons het natuurlik ook lekker saam met vriende Christa en Johan, Annemarie, Conrad, Ilse, Dirk en Nicola asook Madelein en Anton gekuier. 

Hier is 'n paar fotos van die vakansie. Heel party daarvan is Cellphonography, kan jy sê watter? Party het jy dalk self vir ons op ons selfone aangestuur!

Kliek op die foto's hieronder om hul te vergroot.  Jy kan dit dan kyk as 'n slideshow deur op die slideshow knoppie te druk.