202408 Namakwaland

Van 27 – 31 Augustus was ons saam met ‘n groep van 20 fietsryers op ‘n bergfietstoer in Namakwaland onder leiding van Hano en Sonja Otto van Trisport.  Op die eerste fietsrydag reën ons lekker nat en al die blommetjies is toe, maar alhoewel ysig koud, was die tweede dag ‘n pragtige sonskyndag en kon ons ‘n paar mooi foto’s neem in die Goegap natuurreservaat waar ons ‘n roete gery het.